April 18, 2012

Die ANC-rand – ‘n krisis in wording?

Daar is feitlik geen land suid van die Sahara wat nog nie op een of ander stadium ‘n valutakrisis beleef het nie. Die gedrag van die Suid-Afrikaanse rand oor die afgelope aantal jare is eintlik abnormaal, gegewe die stabiliteit van ons geldeenheid onder die Zuma-regering.

Die feit dat die rand tussen R7 en R8 per dollar verhandel het, is egter toe te skryf aan die ewe abnormale omstandighede buite Suid-Afrika: die bankbankrotskappe en Amerikaanse skuldkrisis, asook die Griekse skuldkrisis wat insgelyks na ander lande in suidelike Europa uitgekring het.

Feit is egter dat die ANC-bewind al jare lank besig is om die Suid-Afrikaanse rand stelselmatig te ondermyn. Die rand se eerste groot skokke het tydens die sanksiejare gekom, waarin die ANC en veral Biskop Trevor Huddleston ‘n sleutelrol gespeel het.

Cosatu se hoë loonverhogings stook inflasie in ons land, wat op die duur die waarde van ons geldeenheid erodeer. Ook grondhervorming veroorsaak hoë voedselinflasie wat insgelyks tot die algemene prysstygings bydra. Daar is geen reële rentekoerse in Suid-Afrika meer nie, wat beteken dat dit geensins sin maak om geld te spaar nie.

Die twee grootste afgronde waaroor die rand egter huiwer, is die groter wordende handelstekort, asook die stygende begrotingstekort. Sommige munisipale en provinsiale raadslede in Gauteng het oor die afgelope maande nie hul salarisse ontvang nie, wat dui op ‘n nypende kontanttekort in sommige provinsiale en staatsdepartemente. Met die staatskas wat ook weens korrupsie geplunder word, kan sulke tekorte op die duur net vererger, al is die ontvanger van inkomste hoe doeltreffend om die laaste sent uit belastingbetalers te wurg.

Weens lae rentekoerse in ontwikkelde lande het heelwat korttermynbeleggers vanuit die buiteland hul kontant in Suid-Afrika kom “parkeer”. Die banke en handelaars leen ook goedkoop fondse in dollar of euro en kom verdien dan betreklik hoë rente in rand. Dit het die rand beskerm teen die daling wat verskille tussen ons inflasiekoers en dié van Amerika of die EU sou veroorsaak het.

Een of ander tyd sal die ANC-rand egter teen sy werklike waarde gewaardeer word en dan gaan ons R12 per dollar of selfs R20 per dollar sien. Die middeklas wat reeds noustrop trek, gaan dan boonop ‘n groot deel van sy spaargeld verloor. So ‘n daling kan selfs binne ‘n kort tyd of te midde van een of ander globale of plaaslike krisis plaasvind.

Die ANC is verbind tot die meeste beleidsrigtings van ZANU-PF in Zimbabwe, waaronder grondhervorming en “verinheemsing”, met ander woorde die aandrang op ‘n meerderheidsaandeel in alle ondernemings deur swartmense.

Onder die ANC het Suid-Afrika ‘n tipiese derdewêreldland geword wat grondstowwe uitvoer en vervaardigde goedere invoer, hoofsaaklik uit China en Europa.

Ons verbeel ons net dat ons oor ‘n sterk geldeenheid beskik. Teen die tyd dat Mandela se gesig op die note begin verskyn, gaan die inherente swakheid van die rand reeds al hoe meer sigbaar raak.

Om in Suid-Afrika geld in die bank aan te hou, is eenvoudig waansin. Maar selfs die aandelebeurs het in dollar-, euro- of veral Switsersefrankterme oor die afgelope dekade nie juis gepresteer nie.

Enigeen met spaargeld sal wys wees om eerder na veilige geldeenhede in die buiteland of goud te kyk. Die onlangse skandaal rondom die Krugerrand waarvan daar “ondergewig”-eksemplare geslaan is, boesem egter kwalik meer vertroue in selfs daardie beroemde goudstandaard vir Jan Alleman in. Die goudmark is berug vir sy wispelturigheid en hou daarom ook risiko in.

Veel meer inligting oor buitelandse beleggings behoort in Suid-Afrika beskikbaar gemaak te word en Praag behoort meer gereeld artikels daaroor te plaas.

Boekmerk by:
spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer
spacer spacer spacer spacer spacer spacer

Leave a Comment

Filed under Rubrieke

March 29, 2012

Keer die verandering van Pretoriase straatname!

L.W. As u op ‘n selfoon is en met die onderstaande vormpie sukkel, stuur eenvoudig ‘n e-pos met u naam, van en e-posadres aan: petisie@praag.org.

Teken asseblief ons petisie vir die behoud van Pretoriase straatname. Maak gebruik van u persoonlike adreslyste, asook Facebook en Twitter, en versprei die skakel na die petisie so wyd moontlik. Die skakel is roodt.org/?p=533.

PRAAG ondersteun Nederlands-Afrikaanse samewerking in stryd om straatname

Pretoriase straatname

Hiermee maak ek beswaar teen die verandering van straatname in Pretoria. Ongeag enkele duisend buitelanders wat in die middestad en Sunnyside woon, bly Pretoria die enigste oorwegend Afrikaanse grootstad in Suid-Afrika en moet ons erfenis daar bewaar bly. Nie net druis die naamsveranderings in teen goeie verhoudinge in Suid-Afrika nie, maar dit ootree ook die volkereg wat 'n meerderheid verbied om 'n minderheid se grondgebied te beset en sy erfenis daar uit te wis.

TEKEN NOU
91 signatures

Deel dit met u vriende:

Jongste handtekeninge

91.Nico van BlerkMay 12, 2012
90.Donald BurnsApr 11, 2012
89.Alet FellApr 10, 2012
88.Geertje BosmanApr 08, 2012
87.Ronel van ZylApr 08, 2012
86.Sylvia OltmansApr 08, 2012
85.T van der SluisApr 08, 2012
84.Nikki DikstaalApr 08, 2012
83.Robert AussenApr 08, 2012
82.Gina AussenApr 08, 2012
81.Riki de VilliersApr 08, 2012
80.Leon JutteApr 08, 2012
79.Albert KompagieApr 08, 2012
78.A Pasker-HulzebosApr 08, 2012
77.Rinus van der SluisApr 08, 2012
76.Thomas van ZwolApr 08, 2012
75.Hans EngelbrechtApr 05, 2012
74.Hans EngelbrechtApr 05, 2012
73.Reinier GeerligsApr 03, 2012
72.Josée van IerselApr 02, 2012
Boekmerk by:
spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer
spacer spacer spacer spacer spacer spacer

15 Comments

Filed under Petisies

March 10, 2012

Oor Franse fluitspelers en Afrikanernasionaliste

Ek kom nou af op ‘n interessante M-verhandeling deur Dawid Johan Venter: ” Die aristokraat-virtuoos in die moderniteit: Die ontwikkeling van die Franse Fluitskool in die laat negentiende eeu.” Onder andere verwys Venter na die rol van die kunstenaar wat as’t ware die plek van die aristokraat inneem. Net soos sy adellike voorganger, voel hy hom gemoeid met die volk en beskik hy oor vrygewigheid en ‘n hoër strewe. As ons oor die gemors dink wat die Afrikaner-elite die afgelope twintig, dertig jaar aangevang het, hul jammerlike verraad en oorgawe, dan moet ons terugreik na ‘n vorige tydvak. Chris Louw se neerhalende ontmaskering van die “verligtes” stel dit vir ons baie mooi. Maar watter beter begrip om by te begin, om te herbegin, as by Van Wyk Louw se siening van die “aristokratiese ideaal”? Sekerlik is Louw hierin beïnvloed deur Nietzsche met sy afkeer van die populêre, die sosialistiese, alles wat “van die massa” is. Een van die mooiste tonele in die Afrikaanse letterkunde is waar Henry van Eeden in Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins in ‘n safaripak opdaag vir die partytjie van die boere… terwyl hulle almal in aandpakke verskyn. Want, so verseker die skrywer ons, die boere is die aristokrasie van die land. Vir die ANC, asook die Johanesburgse uitlanders voor hulle, verteenwoordig SA bloot ‘n “grot van Ali Baba” om te plunder. Maar die Afrikaner gee werklik om vir sy land. En in die paternalisme van apartheid was daar ook iets van ‘n aristokratiese vrygewigheid, ‘n poging om die landelike swarte binne sy eie kultuurverband “op te hef”. Die revolusie het vir altyd die menseverhoudings in ons land verander, van ‘n ongelyke empatie en wedersydse respek na etniese vyandigheid en gelykheidstotalitarisme. Die revolusie – en nou is ek baie ironies – het ons inderdaad “bevry” van ons aristokratiese verantwoordelikheid teenoor die ander, die swartman. Die swartman sorg nou vir homself, met sy verkose kriminele leierskap, die veertig diewe wat besig is om die grot te plunder. Maar die Afrikanerkunstenaar, -fluitspeler, -leier, behoort steeds daardie aristokratiese etos te omarm: ons moet omgee vir ons mense, daar waar hulle deesdae in plakkerskampe en as bedelaars op straathoeke ons aandag vereis.

Die ontheemde Brit, die linkse Engelsman (of Jood, want die SA Jode roem hulle op hul alliansie met die ANC-SAKP-monster, teenoor die Israeli’s wat met ons saamgewerk het) sien in die Afrikaner se naasteliefde en die opheffing van die armblankes in die dertigerjare van die vorige eeu iets afskuweliks: Afrikanernasionalisme. By M.E.R. en ander figure uit daardie tyd wat tegelyk joernaliste, skrywers, kunstenaars, volksleiers of -leidsters was, sien ek egter niks van die “fascisme” wat die Engels-Joodse kommuniste aan ons toedig nie. Om nie te vergeet van Naspes se varke wat saamvreet in die trog by die kommunistiese ideëkermis nie! Nee, veel eerder spreek dit van ons omgee vir mekaar, van ‘n aristokratiese barmhartigheid, ware Christelike naasteliefde.

Wanneer keer ons terug na dít wat ons was? Voor ons verraaiers, jagterversamelaars binne die wêreldekonomie en half-Engelse, halfdooie napraters en na-apers geword het?

Boekmerk by:
spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer spacer
spacer spacer spacer spacer spacer spacer

1 Comment

Filed under Briewe en polemieke

Tagged as Afrikanernasionaliste, Chris Louw, Dan Roodt, Franse fluitspelers, M.E.R. verligtes